Dietrich Fischer-Dieskau was 'n Duitse liriese bariton en dirigent van klassieke musiek, asook een van die bekendste Lieder [kunslied uitvoerders van die na-oorlogse periode.
Hy was die beste bekend as sanger van Franz Schubert se Lieder, en in besonder sy "Winterreise" waarvan sy opnames saam met Gerald Moore en Jörg Demus meer as 'n halfeeu na hul vrystelling steeds kritiese lof ontvang.
Die opname van 'n wydlopende reeks werke of repertoire deur Fischer-Dieskau, het musikoloog Alan Blyth laat opgemerk, "Geen sanger in ons tyd, of waarskynlik enige ander sanger [van enige tyd], het daarin geslaag om die reeks en veelsydigheid van repertoire te behaal, wat behaal is deur Dietrich Fischer-Dieskau nie. Opera, Lieder en oratorios in Duits, Italiaans of Engels het almal asof van nature na hom toe gekom, en tog het hy na elkeen 'n presisie en individualiteit gebring wat getuig van sy reseptiewe insigte in die idioom wat ter hand is." Bykomend hiertoe, het hy opnames in Frans, Russies, Hebreeus, Latyns en Hongaars gemaak. Hy was beskryf as "een van die beste vokale kunstenaars van die 20ste eeu" en "die mees invloedrykste sanger van die 20ste eeu".