Ethelred II van Engeland

968 n.C. – 23 Apr. 1016

Ethelred II was die seun van Edgar die Vreedsame en sy vrou, Elfrida. Hy was van 978 tot 1013 en van 1014 tot 1016 koning van Engeland.
Ethelred het op tienjarige ouderdom koning geword ná die moord op sy halfbroer, Eduard die Martelaar. In Engels is sy bynaam the Unready – dit kom in dié geval van die Angel-Saksiese woord unræd, wat "sonder raad" beteken.
Ná enkele dekades van rus het die Dene aan die begin van Ethelred se bewind weer begin met strooptogte aan die Engelse kus, en later met aanvalle deur leëreenhede. Die koning het probeer om die Vikings af te koop. Hy het nie juis ’n keuse gehad nie, want hy kon nie sy generaals vertrou nie. Die afkoopgeld het egter die Dene jaar ná jaar teruggelok.
Eindelik het Ethelred op 13 November 1002 besluit om alle Dene in Engeland uit te moor. In reaksie hierop het koning Sven Vurkbaard van Denemarke begin met sy pogings om Engeland te verower. Dit het toe ook in 1013 gebeur en Ethelred het in bannelingskap gegaan. In 1014 het die Engelse Sven se opvolger, Knoet die Grote, uitgedryf en Ethelred se mag herstel.
Ethelred het minstens sestien kinders uit twee huwelike gehad. Sy tweede vrou was Emma van Normandië.
Wys minderLees meer
Wikipedia

Ontdek hierdie geskiedkundige figuur

5 items

Stel jy belang in Geskiedenis?

Kry opdaterings met jou gepersonaliseerde Culture Weekly

Jy’s gereed!

Jou eerste Culture Weekly sal hierdie week aankom.

Google-programme