Geestesgesondheid

Geestesgesondheid is ’n vlak van psigologiese welsyn, of ’n afwesigheid van geestesteurings; dit is die "sielkundige toestand van iemand wat op ’n bevredigende vlak van emosionele en gedragsaanpassing funksioneer".
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie sluit geestesgesondheid onder meer in subjektiewe welsyn, outonomie, bekwaamheid en die bereiking van ’n persoon se intellektuele en emosionele potensiaal. Dit sluit ook in die hantering van die normale stres van die lewe, produktiewe werk en ’n bydrae tot die gemeenskap. Kulturele verskille, subjektiewe evaluerings en mededingende professionele teorieë kan egter beïnvloed hoe geestesgesondeheid gedefinieer word. Die term "gedragsgesondheid" word verkies bo "geestesgesondheid".
Iemand wat probleme met sy gedragsgesondheid ondervind, kan stres, depressie, angs, verhoudingsprobleme, hartseer, verslawing, AGHS of leerprobleme, gemoedsteurings of ander psigologiese probleme ondervind.
Wys minderLees meer
Wikipedia

Ontdek hierdie belangstelling

11 654 items

Stel jy belang in Geskiedenis?

Kry opdaterings met jou gepersonaliseerde Culture Weekly

Jy’s gereed!

Jou eerste Culture Weekly sal hierdie week aankom.

Google-programme