Die Slag van Iwo Jima het begin op 19 Februarie 1945 toe die Geallieerde magte die Iwo Jima-eiland ingeval het om dit oor te neem van die Japannese magte. Die eiland is op 16 Maart veilig verklaar deur die Geallieerdes alhoewel gevegte tot die einde van Mei voortgeduur het. Luitenant-Generaal Tadamichi Kuribayashi was in beheer van die Japannese magte op die eiland.
Tydens die slag het die Geallieerdes die eerste keer met Kamikaze aanvalle te doen gekry; die aanvalle het die Saratoga beskadig en die Bismarck Sea gekelder. Al 23 000 Japannese soldate op die eiland het gesneuwel terwyl Geallieerde verliese 7 000 soldate beloop het met 22 000 gewondes.