Toruń

Toruń is 'n stad in die Poolse woiwodskap Kujawië-Pommere. Dit is sowat 180 kilometer noordwes van die hoofstad Warskou aan die Wisła-rivier geleë en dien as setel van die woiwodskapsmaarskalk, sy regering en die Sejmik, die woiwodskapsparlement.
In sy bloeitydperk omstreeks 1300 was Toruń die beduidendste Hansestad tussen Stralsund en Riga en het as "Koningin van die Wisła" bekend gestaan. Met 'n bevolking van 205 000 is Toruń vandag 'n belangrike universiteits- en nywerheidstad en knooppunt van die Poolse spoorwegnetwerk met 'n uitgestrekte opstelterrein. Die stad staan veral bekend vir sy historiese stadskern met talle geboue in die boustyl van die Noord-Duitse Baksteengotiek, wat deur UNESCO in 1997 tot wêrelderfenisgebied verklaar is, en as geboorteplek van die beroemde 15de eeuse sterre-, wis- en geneeskundige Nicolaas Copernicus.
Naas Krakau is Toruń die enigste argitektonies belangrike stad in Pole wat tydens die Tweede Wêreldoorlog nie skade gely het nie. Die historiese middestad word tradisioneel verdeel in die Ou Stad, die Nuwe Stad en die Kasteel van die Duitse Orde.
Wys minderLees meer
Wikipedia

Ontdek hierdie plek

72 items

Stel jy belang in Geskiedenis?

Kry opdaterings met jou gepersonaliseerde Culture Weekly

Jy’s gereed!

Jou eerste Culture Weekly sal hierdie week aankom.

Google-programme