Tsjernobil-kernramp

25 Apr. 1986 – 25 Apr. 1986

Die Tsjernobil-kernramp was 'n katastrofiese kernongeluk wat op 26 April 1986 plaasgevind het in die Tsjernobil-kernkragsentrale naby die dorp Pripyat in die Oekraïne, wat onder die direkte jurisdiksie van die sentrale owerhede van die Sowjetunie gestaan het. 'n Ontploffing en brand het groot hoeveelhede radioaktiewe deeltjies in die atmosfeer vrygestel, wat oor die grootste deel van die westelike USSR en Europa versprei het.
Die Tsjernobil-ramp was die ergste kernkragongeluk in die geskiedenis in terme van koste en ongevalle. Dit is een van slegs twee geklassifiseer as 'n vlak 7 gebeurtenis op die "International Nuclear Event" skaal, die ander is die Fukushima Daiichi-kernramp van Japan in 2011. Die stryd om die besoedeling te beperk en 'n groter katastrofe te voorkom, het uiteindelik meer as 500 000 werkers betrek en 'n geskatte 18 miljard roebels gekos. Tydens die ongeluk is 31 mense dood, maar langtermyneffekte soos kanker word nog ondersoek.
Wys minderLees meer
Wikipedia

Ontdek hierdie geskiedkundige gebeurtenis

19 items

Stel jy belang in Geskiedenis?

Kry opdaterings met jou gepersonaliseerde Culture Weekly

Jy’s gereed!

Jou eerste Culture Weekly sal hierdie week aankom.

Google-programme