Verdeling van Indië

14 Aug. 1947 – 15 Aug. 1947

Die Verdeling van Indië van 1947 het Brits-Indië in twee lande, Indië en Pakistan, verdeel. Hierdie verdeling het die einde van die Britse heerskappy op die Indiese subkontinent beteken. Die verdeling is gedeeltelik deur die Tweenasieteorie veroorsaak. Dié teorie is deur Syed Ahmed Khan, as gevolg van godsdienstige kwessies, aangebied. Pakistan het 'n Islamitiese republiek geword, terwyl Indië 'n sekulêre republiek met 'n hoofsaaklik Hindoe-bevolking geword het. Een van die belangrikste leiers van die verdeling was Muhammad Ali Jinnah, wat die eerste goewerneur-generaal van Pakistan geword het.
Die verdeling was 'n bloedige gebeurtenis en dit het die grootste migrasie in die geskiedenis sowel as die dood van talle mense veroorsaak. Dit het ook verskeie oorloë tussen Indië en Pakistan veroorsaak.
Wys minderLees meer
Wikipedia

Ontdek hierdie geskiedkundige gebeurtenis

7 items

Stel jy belang in Geskiedenis?

Kry opdaterings met jou gepersonaliseerde Culture Weekly

Jy’s gereed!

Jou eerste Culture Weekly sal hierdie week aankom.

Google-programme