Geagte adjudant-offisier Swart
Dit word terdeë besef dat die sensitiewe dagtaak waarmee u oor die afgelope tyd gemoeid was eiesoortige eise aan u en gesin gestel het wat bepaalde opofferinge geverg het.
U lojale en toegewyde betrokkenheid gaan nie ongesiens verby nie en dit is daarom vir my baie aangenaam om u mee te deel dat goedkeuring verleen is dat 'n bedrag van R5 000-00 as blyk van waardering aan u betaal word.
Ek wil u verseker dat die Regering en die
Suid-Afrikaanse Gevangenisdiens groot waardering het vir die voortreflike en bekwame wyse waarop u hierdie taak verrig het.
Met vriendelike groete
[signature]
H J COETSEE LP
MINISTER VAN JUSTISIE