Vier tans 15!

Buenos Aires

Buenos Aires is die hoofstad en ekonomiese, kulturele en nywerheidsentrum van Argentinië en die grootste Spaanssprekende stad ter wêreld, met 'n bevolking van 2,89 miljoen in die Distrito Federal en 12,8 miljoen in die metropolitaanse gebied met 'n oppervlakte van 2 915 km². Buenos Aires beteken “gunstige winde”, 'n ou skeepvaartterm vir winde wat voordelig is vir seilskepe.
Die stad is aan die mond van een van die grootste riviere ter wêreld, die Río de la Plata, geleë. Aangesien Gran Buenos Aires sowat 'n derde van die Argentynse bevolking en ook die meeste belangrike instellings en hoofkwartiere van ondernemings huisves, oorheers sy ekonomie die res van die land.
Danksy talle winkels en boetieks, sy pragtige argitektuur, 'n ryk kulturele lewe, uitstekende restaurante en kosmopolitiese bevolking van oorwegend Italiaanse, Spaanse, Franse, Duitse, Engelse, Oos-Europese, Arabiese en Asiatiese herkoms staan Buenos Aires ook as die Parys van die Suide bekend.
Wys minderLees meer
Wikipedia

Ontdek hierdie plek

3 672 items

Stel jy belang in Geskiedenis?

Kry opdaterings met jou gepersonaliseerde Culture Weekly

Jy’s gereed!

Jou eerste Culture Weekly sal hierdie week aankom.

Tuis
Ontdek
Speel
Naby
Gunstelinge