Edward Jenner was 'n Britse dokter wat 'n entstof teen pokke ontwikkel het. Hy is gebore in Berkeley, Gloucestershire, Engeland. Op die ouderdom van agt was hy in hok geplaas nadat hy ingeënt was met pokke saam met ander kinders; dit was die gewoonte van die tyd. Hy het hier gebly totdat die siekte sy gang gegaan het.
Op die ouderdom van twaalf was hy vlot in Latyn en kon 'n bietjie Grieks verstaan. Hy word die assistent van Mnr. Ludlow, 'n dokter in Sodbury. Hier het hy op die storie afgekom dat mense wat met koeipokke besmet raak nie kinderpokkies kan kry nie. Nadat hy sy vakleerlingskap voltooi het, gaan hy na Londen in 1770 waar hy onder die toesig van John Hunter werk. Hy leer by Hunter die wetenskaplike benardering tot probleem oplossing aan. Hy het ook anatomie bestudeer by Hunter se anatomieskool. Hy doen ook diens in die St. Georges hospitaal.
Op die versoek van sir Joseph Banks, kollekteer hy al die monsters wat kapt. James Cook terug gebring het op die skip Endeavor vanaf sy ontdekkingstog in Australasië. Hy keer terug na Berkeley in 1773 waar hy 'n reputasie opbou as 'n dokter en naturalis.
Hy dien 'n dokument by die Royal Society in wat handel oor die koekoek in 1778.