Electronic music

Elektroniese musiek is musiek wat met behulp van elektroniese musiekinstrumente en musiektegnologie geproduseer word. Oor die algemeen word daar onderskei tussen klank wat met behulp van 'n elektromeganiese toestel geproduseer is, soos viole en dromme, en dié wat geproduseer word met elektroniese tegnologie. Elektroniese tegnologie kan ook vermeng word met ander produksies.
Voorbeelde van toestelle wat elektriese klank produseer is die Telharmonium, die Hammond-orrel en die elektriese kitaar. Suiwer elektroniese klanke kan geproduseer word met toestelle soos die theremin, klanksintetiseerder en elektroniese rekenaar.
In die 1970's het elektroniese musiek 'n beduidende invloed gehad op populêre musiek, met die ingebruikneming van polifoniese sintetiseerders, elektroniese dromme, drommasjiene en draaitafels, deur die opkoms van genres soos disko, krautrock, "new wave", synthpop, hiphop en EDM.
Elektronies geproduseerde musiek het sedert die laat 1990's al hoe gewilder geword as gevolg van die beskikbaarheid van bekostigbare musiektegnologie.
Show lessRead more
Wikipedia
Home
Discover
Play
Nearby
Favorites