Groot Piramide van Giza

Die Groot Piramide van Giza is die oudste en grootste van die drie piramides in die Dodeakker van Giza wat grens aan die stad El Giza, Egipte. Dit is een van die oudste van die Sewe Wonders van die Antieke Wêreld en die enigste een wat redelik ongeskonde behoue gebly het.
Na aanleiding van ’n inskrywing in ’n kamer wat die werkspan noem en ’n verwysing bevat na die vierde dinastie van farao Cheops, glo Egiptoloë die piramide is oor ’n tydperk van 10 tot 20 jaar as ’n graftombe gebou, tot omstreeks 2560 v.C. Dit was aanvanklik 146,5 m hoog en was 3 800 jaar lank die hoogste mensgemaakte struktuur in die wêreld. Daar was al verskeie wetenskaplike en alternatiewe teorieë oor die boutegnieke van die piramide. In die meeste word aanvaar dat groot klippe van ’n steengroef af gebring en opgelig is tot op die regte plek.
Daar is drie bekende kamers in die Groot Piramide. Die laagste kamer is in ’n rotsbodem uitgekap en die res is bo-op gebou. Die sogenaamde Koningin- en Koningskamer is hoër op in die struktuur. Dit is die enigste piramide in Egipte wat gange na bo en onder bevat.
Wys minderLees meer
Wikipedia

Ontdek hierdie plek

54 items

Stel jy belang in Science?

Kry opdaterings met jou gepersonaliseerde Culture Weekly

Jy’s gereed!

Jou eerste Culture Weekly sal hierdie week aankom.

Tuis
Ontdek
Speel
Naby
Gunstelinge