Kaappunt

Kaappunt is die verste punt van die Kaapse Skiereiland en daar word dikwels verkeerdelik aangeneem dat dit die suidelikste punt van Afrika is. Dit vorm deel van die Kaap die Goeie Hoop-natuurreservaat, wat 'n gesogte hengel- en piekniekplek is. Kaappunt se hoogste spits is 243 m bo seevlak en bestaan hoofsaaklik uit sandsteen.
Die Kaapse Skiereiland, wat waarskynlik duisende jare lank 'n eiland was, het ongeveer 60 miljoen jaar gelede 'n skiereiland geword moontlik as gevolg van die plaaslike opheffing van die aardkors. Die sanderige, laagliggende grondstrook wat die Skiereiland met die vasteland verbind, staan as die Kaapse Vlakte bekend. Dit is die enigste skiereiland aan die Suid-Afrikaanse kus. Die suidelikste punt van die Kaapse Skiereiland het drie landpunte.
Wes van Kaappunt lê Kaap die Goeie Hoop, wat in 1488 deur Bartholomeus Dias ontdek is. Hy het dit Kaap van Storms genoem, maar die naam is later na Kaap die Goeie Hoop verander omdat die Portugese droom om om die Kaap te vaar, in daardie stadium binne hul bereik was. Dias het waarskynlik ook 'n klippilaar daar laat oprig om sy ontdekkingsreise af te baken.
Wys minderLees meer
Wikipedia

Ontdek hierdie plek

Tuis
Ontdek
Speel
Naby
Gunstelinge