Horlosie

'n Horlosie is 'n instrument waarvan tyd afgelees kan word. Ander tydmeetkundige instrumente soos die waterhorlosie en die sonwyser word ook onder horlosies gereken. Horlosies is al in gebruik sedert lank voor die geboorte van Christus. Die belangrikste kenmerk van latere horlosies was die slinger en die skommelwieletjie, wat heen en weer beweeg.
Die oudste meganiese horlosies wat bewaar gebly het, dateer uit die einde van die 14e eeu. Die slingerhorlosie het gedurende die eerste helfte van die 16e eeu sy verskyning gemaak en sedertdien het die horlosienywerheid vinnig ontwikkel. Die ontwikkeling van die draagbare horlosie word gekenmerk deur presisie en miniaturisering. Die eerste draagbare horlosies was tafelhorlosies en sakhorlosies. Na 1800 het die sakhorlosie al hoe meer kompak geword, en met die koms van die polshorlosie het dit byna heeltemal verdwyn.
Gedurende die 20e eeu is daar naas meganiese frekwensiereëlaars ook elektriese en atomiese frekwensiereëlaars ontwikkel wat baie noukeuriger as alle vorige tydmeetkundige instrumente is.
Wys minderLees meer
Wikipedia

Ontdek hierdie belangstelling

522 items

Stel jy belang in Uitvoerende kunste?

Kry opdaterings met jou gepersonaliseerde Culture Weekly

Jy’s gereed!

Jou eerste Culture Weekly sal hierdie week aankom.

Tuis
Ontdek
Speel
Naby
Gunstelinge