Tafelberg

Tafelberg is ’n berg van 1 km hoog in Suid-Afrika met ’n uitsig oor Kaapstad en die Kaapse Skiereiland. Dit het ’n kenmerkende plat plato, wat ’n mesa genoem word, en strek omtrent drie kilometer van punt tot punt. Die grootste deel van die berg bestaan uit 450-510 miljoen jaar oue gesteentes. Dié gesteentes beslaan ook die boonste laag van die Kaapse Plooiberge, waarvan Tafelberg deel is. Dit is uiters harde, erosiebestande kwartssandsteen, wat die Skiereiland-formasie genoem word en die steil grys kranse vorm.
’n Kabelspoor neem besoekers van ’n kabelstasie aan die westelike berghang na die kruin. Van daar is ’n asemrowende uitsig oor Kaapstad, Tafelbaai, Leeukop, Vlaeberg en Robbeneiland in die noorde, asook die Atlantiese kuslyn in die weste en suide. Op die berg is ’n restaurant en winkels.
Die gebied om Tafelberg word al baie eeue lank bewoon. Sowat 2 000 jaar gelede het die Khoi-sprekende volke uit die noorde na die Skiereiland migreer. Voorheen is die gebied deur nomadiese!Kwi-sprekers bewoon. Omstreeks 1800 is drie blokhuise op Tafelberg gebou, en tussen 1896 en 1907 vyf damme om water aan Kaapstad te verskaf. Dié damme maak nie meer deel uit van die watervoorsiening nie.
Wys minderLees meer
Wikipedia

Ontdek hierdie plek

21 items
Tuis
Ontdek
Speel
Naby
Gunstelinge