Vier tans 15!

Maurice Ravel

07 Mrt. 1875 – 28 Des. 1937

Joseph Maurice Ravel was 'n Franse komponis, pianis, en orkesleier.
Hoewel Maurice Ravel se naam meestal saam met die van Debussy genoem word, was hy tog 'n selfstandige figuur wat die Franse musiek met werke van groot oorspronklikheid verryk het, veral deur sy besondere orkestrasievermoë.
Maurice-Joseph Ravel is op 7 Maart 1875 in Ciboure as die seun van 'n Switserse vader en ʼn Baskiese moeder gebore. Dit was ʼn kunssinnige gesin en die jong Ravel se musiektalente is deur sy vader aangemoedig en deur sy moeder se Spaanse agtergrond beïnvloed. In 1889, toe hy 14 jaar oud was, het sy formele musiekopleiding aan die Paryse Konservatorium begin.
Gedurende die jare wat hy daar gestudeer het, het hy van sy bekendste werke gekomponeer, byvoorbeeld die Pavane pour une infante défunte en die Sonatine vir klavier. Hierdie vroeë komposisies van die jong Ravel toon buitengewone volwassenheid en afgerondheid. Toe sy derde poging ter verowering van die gesogte Prix de Rome misluk het, het dit 'n skandaal tot gevolg gehad waardeur die direkteur van die konservatorium gedwing is om te bedank.
Hy is opgevolg deur die komponis Gabriel Fauré, onder wie Ravel komposisie gestudeer het.
Wys minderLees meer
Wikipedia

Ontdek hierdie geskiedkundige figuur

137 items

“The only love affair I have ever had was with music.”

Maurice Ravel
07 Mrt. 1875 – 28 Des. 1937

Stel jy belang in Uitvoerende kunste?

Kry opdaterings met jou gepersonaliseerde Culture Weekly

Jy’s gereed!

Jou eerste Culture Weekly sal hierdie week aankom.

Tuis
Ontdek
Speel
Naby
Gunstelinge