Vier tans 15!

Michael Jackson

29 Aug. 1958 – 25 Jun. 2009

Michael Joseph Jackson was 'n Amerikaanse sanger, liedjieskrywer, danser, vermaakpersoonlikheid, besigheidsman en humanis wat as een van die suksesvolste musiekkunstenaars in die geskiedenis van die popmusiek bekend staan. Sy unieke bydraes tot populêre musiek en dans, tesame met sy hoogs gepubliseerde persoonlike lewe, het hom vir vier dekades 'n sentrale figuur van die popkultuur gemaak. Hy het 13 Grammy-toekennings gewen en na raming sowat 750 miljoen albums verkoop. Tydens sy sololoopbaan het hy dertien nommereen-treffers opgelewer. Ander prestasies sluit in dat hy een van die weinig kunstenaars was om twee keer in die Rock and Roll Hall of Fame vereer te word en vele Guiness-wêreldrekords — insluitende die rekord vir "Most Successful Entertainer of All Time". Sy grootste treffers sluit "Thriller" en "Billie Jean" in.
Michael Jackson is die sewende kind in die Jackson-gesin en het sy debuut in 1968 as lid van The Jackson 5 gemaak. Hy het sy sololoopbaan in 1971 afgeskop terwyl hy nog lid van dié groep was — 'n loopbaan wat hom die benaming "Koning van Pop" besorg het.
Wys minderLees meer
Wikipedia

Ontdek hierdie geskiedkundige figuur

764 items

“Everyone who knows me will know the truth, which is that my children come first in my life and that I would never harm any child.”

Michael Jackson
29 Aug. 1958 – 25 Jun. 2009

Stel jy belang in Kos?

Kry opdaterings met jou gepersonaliseerde Culture Weekly

Jy’s gereed!

Jou eerste Culture Weekly sal hierdie week aankom.

Tuis
Ontdek
Speel
Naby
Gunstelinge